Swartland Gazette 3.47

95 Voortrekkerstraat
Malmesbury, 7300
South Africa

About Swartland Gazette

Swartland Gazette Swartland Gazette is one of the popular place listed under Media/news/publishing in Malmesbury , Newspaper in Malmesbury ,

Contact Details & Working Hours

Details

Swartland Gazette glo in wenresep:

Vorentoe en boontoe is al pad wat die Swartland Gazette ken nadat ons net meer as ’n jaar gelede ons nuwe naam aangeneem en ’n gratis publikasie geword het.

Navorsing wat die toonaangewende maatskappy Ask Afrika in November verlede jaar gedoen het, bewys dat ons vir ons lesers saakmaak!

Ask Afrika sê daar is elke week gemiddeld 18 100 lesers wat die 15 850 kopieë van die Gazette lees en 71% van ons lesers sorg dat hulle minstens drie of ál vier kopieë van elke maand onder oë kry.

Hulle voel die koerant is vir “mense soos ek” geskryf, dat dit hulle op hoogte van hul gemeenskap hou en dat die taalbalans goed is. Boonop handhaaf ’n hele 37% van ons lesers ’n gerieflike leefstyl in die LSM 8-10-segment en lees 93% van ons lesers die advertensies in die koerant!

Ons fokus op sake wat werklik aktueel en van belang is vir ons lesers – gekombineer met die gemeenskapstories en sosiale nuus wat harte warm laat klop – is dus ’n onbetwiste wenresep.

Ons span verslaggewers en advertensieverteenwoordigers is passievol oor ’n gehalte-nuusproduk en is opgewonde oor die pad wat saam met ons lesers en kliënte voorlê. Kontak ons gerus by 022 482 3817 as julle met ons wil gesels.

Besoek ook graag ons webtuiste by www.bolandgazette.co.za.

Nuuswenke word ook verwelkom. Stuur gerus 'n e-pos na lizette.smit@media24.com of charlotte.lesch@media24.com of skakel hulle by 022 482 3817.

Map of Swartland Gazette

Updates from Swartland Gazette

Reviews of Swartland Gazette

   Loading comments-box...