NG Moedergemeente Rustenburg 3.43

4.8 star(s) from 4 votes
Fatima Bhayat 165
Rustenburg, 0299
South Africa

About NG Moedergemeente Rustenburg

NG Moedergemeente Rustenburg NG Moedergemeente Rustenburg is one of the popular place listed under Church/religious Organization in Rustenburg , Religious Organization in Rustenburg ,

Contact Details & Working Hours

Details

In 2010 was ons gemeente se 160ste bestaansjaar. Op Maandag 21 Januarie 1850 het die kerkraad van Potchefstroom onder voorsitterskap van ds. (later dr.) Andrew Murray besluit om Magaliesberg tot ‘n selfstandige gemeente af te stig. In Oktober 1850 het ds. Andrew Murray, vergesel van sy broer John, die eerste kerkgebou op Rustenburg ingewy. As tekswoord het hy by die geleentheid geneem Ps. 132:14 “Dit is my rusplek vir ewig; hier wil Ek woon...” Toe die Britse troepe gedurende Mei 1900 Rustenburg beset het, het die bevelvoerder (gen. Baden Powell) die pasvoltooide kerkgebou van die Ned. Geref. Gemeente (toe N.H. of G.), Rustenburg, gebruik as ‘n militêre hospital. Ongeveer 85 krygsmanne het in die kerkhospitaal gesterf en is in die ou begrafplaas, Rustenburg, begrawe. Die grafte is almal gemerk met yster kruise. Dit is interresant om op die ysterkruise te lees dat hierdie krygsmanne nie minder nie as 28 verskillende militêre eenhede verteenwoordig het en afkomstig was uit alle dele van die destydse Britse ryk. Ses Victoria-kruise, wat persoonlik onderteken is deur koningin Victoria, is in die Kerk oorhandig aan Britse offisiere en manskappe, wat as gewondes in die kerkhospitaal verpleeg is.

GPS Koordinate: S 25˚40’19.9” E27˚14’42.9”

Map of NG Moedergemeente Rustenburg

Updates from NG Moedergemeente Rustenburg

Reviews of NG Moedergemeente Rustenburg

   Loading comments-box...