NG George-Bergsig Gemeente 3.38

H/v 4de en Meyerstr, Bergsig
George, 6529
South Africa

About NG George-Bergsig Gemeente

NG George-Bergsig Gemeente NG George-Bergsig Gemeente is one of the popular place listed under Church in George , Religious Organization in George , Religious Center in George ,

Contact Details & Working Hours

Details

God verander lewens. Hy stuur ons om Sy liefde uit te leef deur ons verhouding met:

* God Aanbidding deur middel van eredienste en 'n fokus op God


* onsself Dissipelskap deur middel van toerusting en bemagtiging


* mekaar Gemeenskap deur middel van kleingroepe en versorging van mekaar.

* die wêreld Sending deur middel van ons getuienistaak plaaslik en wêreldwyd

Om hierdie 4 verhoudings volgens God se wil uit te leef is ons gemeente se roeping.

Dit kan slegs plaasvind deur gebed en totale afhanklikheid van God.

Kom word saam deel van die reis en sien hoe God werklik lewens verander!


Kernwaardes:

In Bergsig wil ons 'n gemeente wees waar sekere kernwaardes onderliggend is aan alles wat ons doen en mee besig is.

Ons kernwaardes is:

* Jesus is ons Hoof – deur sy Gees bepaal Hy ons gedrag.

* In alles staan die Woord van God sentraal – die Woord is ons kompas.

* Om in biddende afhanklikheid van God te leef.

* Elkeen is 'n gestuurde – só is ons deur woord en daad getuies vir God en van Sy liefde.

* Liefde wat sigbaar word in verhoudings – daarom is gasvryheid en die vestiging van kleingroepe vir ons prioriteit.

* ‘n Lewe van diensbaarheid – met die gawes wat God ons gegee het.

* Om deur 'n proses van dissipelskap gevorm te word tot navolgers van Jesus.

* Om deur eiesoortige eredienste ruimte vir almal te bied om God-drieënig te aanbid.

In enkele woorde saamgevat en verpersoonlik in gemeentekonteks:
Jesus - ons Hoof
Die Woord - ons kompas
Gebed - ons hartklop
Gestuurdheid
Verhoudings - ons passie
Diens - ons strewe
Dissipelskap - ons wese
Feesvierende eredienste - ons inspirasie en vreugderedienste

Map of NG George-Bergsig Gemeente

Updates from NG George-Bergsig Gemeente

Reviews of NG George-Bergsig Gemeente

   Loading comments-box...