Gereformeerde Kerk Bet-El 2.26

31ste Laan 415, Villieria
Pretoria, 0121
South Africa

About Gereformeerde Kerk Bet-El

Gereformeerde Kerk Bet-El Gereformeerde Kerk Bet-El is one of the popular place listed under Church/religious Organization in Pretoria , Church in Pretoria ,

Contact Details & Working Hours

Details

As 'n gereformeerde gemeente van ons Here Jesus Christus, ons enigste Verlosser en Koning, is ons belydenis-grondslag die onfeilbare Woord van God, die Bybel, soos bely/verwoord/saamgevat in die Drie Formuliere van Enigheid (Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus, Dordtse Leerreëls)

In die tradisie van ons Calvinistiese oorsprong is dit ons roeping om deur voorbeeld so te lei sodat God deur sy Woord en Gees mense na Hom toe sal roep. Ons glo dat God ons sal seën deur ‘n groot nageslag en ‘n land waar ons vry is om onder knegskap van Christus te lewe. “Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid." (Rom 11:36)

Dit is ook ons roeping en opdrag om die sout van die aarde en die lig van die wêreld te wees (Matt 5:13-16). Ons wil poog om ‘n verskil in ons stad te maak. As gemeenskap van gelowiges wat elke Sondag saamkom om Hom te aanbid, wil ons ook gehoorsaam wees aan die Groot Opdrag, deur die Evangelie van ons Here Jesus Christus te verkondig, sodat mense se lewens verander kan word en mense hulle hele lewe aan Hom kan toewy in dankbare gehoorsaamheid aan sy Woord (Matt.28:16-20). Daarom wil ons ook elke gedagte gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus, tot lof van sy Naam en opbou van sy gemeente (2 Kor.10:3-5)

In uitvoering van Christus se gebed in Johannes 17, strewe ons na eenheid met Christene wat suiwer in leer, diens en tug is. In hierdie verband vind ons talle gemeentes binne die GKSA wat aan die vereistes soos ons dit sien vir eenheid voldoen. Ons strewe egter om ook eenheid op te bou met ander Gereformeerdes buite die GKSA wat suiwer is in leer, diens en tug.

Map of Gereformeerde Kerk Bet-El

Updates from Gereformeerde Kerk Bet-El

Reviews of Gereformeerde Kerk Bet-El

   Loading comments-box...