Ons is 'n Gereformeerde gemeente wat diversiteit in spiritualiteit omhels. Ons is diensbaar in die hele gemeenskap in en om Worcester in die Boland, maar ook verder in Afrika (Mosambiek en Malawi) en Europa (Frankryk). Die gemeente se geboue is geleë in die woonbuurte van Panorama en Van Riebeeck Park.